Soet Sonde

Dubbel die sonde, dubbel die lekker! Brookies So Lekker Dis Onwettig bestel nou Lig, chewy en verslawend lekker — kies jou perfekte trio van geure. Vir die wat glo blondes het meer fun Blondies wat Jou Hart Laat Smelt Koekiedeeg soos jy dit nog nooit geproe het nie. Bou jou eie boks van geluk. Vir die innerlike kind in ons almal Koekie Stafies vol Pure Genot Slider 5 Slider 4

Soet Sonde

Pure Genot

By Soet Sonde spesialiseer ons in die maak van brookies, koekiestafies, blondies en soveel meer ~ alles met passie en die beste bestanddele. Elke happie is nie net ’n smaakervaring nie, dis ’n reis van geure wat jou siel sal verwarm.

SS 263x252 1
SS 263x252 4

van elke soort

Kies en Keur
Jy kan pakkette van 3, 4 of 6 van elke kategorie koop. Kyk hier van watter geure jy kan kies.
  • Kinder Nutty Kanarie

    Kinder Nutty Kanarie

    Vier sondige lae van genot: taai sjokolade-chip koekiedeeg, ’n smeulende laag Nutella, gesmelte Kinder Bueno wat verlei, en ’n fudgy brownie-top wat alles afrond. Neuterig, stout, en hemels lekker — een happie en jy bely jou soet sondes met ’n glimlag. Gewig: Ongeveer 210g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Dikbek Dassie

    Dikbek Dassie

    Vier lae van onbeskofte bederf: sjokolade-chip koekiedeeg, taai Rolos, fudgy brownie, en krakerige Oreos bo-op. Dis heerlik oortredend en een happie sal nooit genoeg wees nie. Gewig: Ongeveer 210g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie  
  • Karamel Konyntjie Droom

    Karamel Konyntjie Droom

    Soet, sag en skelm: sjokolade-chip koekiedeeg, ‘n dik laag smeltende Caramellos en ’n gladde brownie bo-op. Dis dromerig, stout en gevaarlik lekker – net een happie en jy sal in ‘n liefdes-affêre met die stout konyntjie wees. Gewig: Ongeveer 210g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Karamelkoei

    Karamelkoei

    Dik, dekadent en vol drama: sjokolade-chip koekiedeeg met taai Bar One stukkies, oorstroom met soutkaramel en afgerond met nóg Bar Ones op ’n fudgy brownie. Hierdie Karamelkoei smelt jou weg in haar verleiding en laat jou heeltemal hulpeloos. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Smelt Muis

    Smelt Muis

    Vier skandelike klewerige lae pret: taai sjokolade-chip koekiedeeg, smeltende Dairy Milk sjokolade, geroosterde malvalekkers en ’n sondige fudgy brownie laag. Hierdie Smelt Muis is morsig, verleidelik en pure bederf op steroids. Gewig: Ongeveer 210g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Karamolletjie

    Karamolletjie

    Moenie hierdie Karramolletjie onderskat nie. Vier lae van bederf: botterige sjokolade-chip koekiedeeg, knapperige Twix stafies, druppende soutkaramel en ’n fudgy brownie. Dis stout, stroperig, verslawend en sy smelt jou wilskrag in ’n oogwink. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Melkmol

    Melkmol

    ’n Romerige Milkybar blondie vol witsjokolade en Oreo-stukkies, met nóg Oreo bo-oor. Sy’s melkig, morsig en verleidelik lekker. Soet sonde op sy beste. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Karamel Kwartel

    Karamel Kwartel

    ’n Romerige witsjokolade blondie met gesmelte Whispers, soutkaramel in die middel en nóg Whispers bo-op. Dis sag, sout-soet en skelm verleidelik – sy verlei jou reguit in versoeking. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Krummelmonstertjie

    Krummelmonstertjie

    ’n Sagte blondie vol witsjokolade, Oreos en sjokolade chips, met mini koekies binne en sjokolade chaos bo-op. Dis morsig, mal en verslawend — dié monstertjie is hier vir maksimum bederf! Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Soet Sonde se Roomwelpie Koekiestafie

    Roomwelpie

    Roomwelpie Koekie Stafie, Taai koekiedeeg is vol romerige Milkybar-stukkies en gladde witsjokoladeskyfies — ’n dromerige kombinasie wat op jou tong spin voordat dit jou wilskrag aanval. Jy kán probeer om te weerstaan… maar hoekom sou jy? Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Eierliefie

    Eierliefie

    Eierliefie Koekie Stafie, ’n Taai koekdeeg vol kleurvolle gespikkelde eiers en romerige witsjokolade… liefde met die eerste happie wat gevaarlik lekker is. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Kattekwaad

    Kattekwaad

    ’n Stout Koekie Stafie, taai bederf vol Kit Kat-stukkies en romerige sjokolade wat jou sommer vinnig laat vergeet van al die reëls. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Swartskapie

    Swartskapie

    Swartskapie Koekie Stafie, Donker, dekadent en propvol Oreo-stukkies en sjokolade… die heerlike rebel wat altyd die lekkerste moeilikheid veroorsaak. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Soet Lammetjie by Soet Sonde

    Soet Lammetjie

    Soet Lammetjie Koekie Stafie, Sag, soet en vol Kinder-sjokolade en witsjokoladeskyfies… ’n onskuldige bederf met ’n stout kant wat jou direk in versoeking lei. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
  • Blitsige Bok

    Blitsige Bok

    Blitsige Bok Koekie Stafie, ’n Taai koekdeeg vol Bar One-stukkies, sjokoladeskyfies en ’n weelderige Nutella-middel wat jou vinnig in versoeking lei. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie

Laat Ons Jou Dag Soeter Maak. Die perfekte boksie wag vir jou!

Begin Jou Soet Reis hier...

Kies, Kombineer & Geniet

Shopping cart close